Soos gesien op Jan Braai

Toe Jan Braai vir Erfenis De Rust besoek het, het hy by De Rust View Gastehuis oornag. Ben moes toe 'n volstruis-eier vir die program gaarmaak. Groot pret gewees!

Social sharing

Sorry! We are fully booked for the Meiringspoort 1/2 Marathon

About 3500 athletes visit De Rust to run the Meiringspoort 1/2 marathon. Unfortunately accommodation in De Rust is limited to about 300 beds. The next best option will be Klaarstroom, Prince Albert and of course Oudtshoorn.

Your hosts:

We came to De Rust some four years ago. Lanie-Marie is a lawyer that once a month go to her practice in Marble Hall and Ben - a former journalist - then has to keep the fort.

Lanie-Marié and Ben

You may also encounter the following at the guesthouse. If you are allergic or have a deeprooted fear of animals, please let us know so that we can lock them up.

We found Coco under a pile of wood one morning. She had 4 legs then, but was limping and so we took her to the vet who told us the break was too bad and so the leg was amputated.

Coco - a loveable three legged cat

Katinkie may be loveable the one moment and grumpy the next.

Katinkie - a moody cat

Moja's favourite party trick is rolling over for a tummy rub. She adores adults, but may-be grumpy with kids.

Moja - an excitable Jack Russel

Inside areas are modern and stylish

De Rust View Guesthouse is insured by BnB Sure

The Karoo is a photography paradise - rich in subjects. So bring your camera along when you stay in De Rust!

One of the wonderful images in the De Rust region. Pic by Ben

Rustig in De Rust

 

Meiringspoort se pad lê ’n dun erdwurm doer onder met die Swartberge se verwronge  rotse wat van hier bo af verewig dreig om daarop neer te bulder en donder.

Die wind fluit snerpend om jou ribbes terwyl reusagtige witpens windswaels soos Impala vegvliegtuie verby jou swiep.

Barry Meijer bondel van rots tot rots soos ‘n groot beer met ‘n ewige grinnik terwyl hy trots De Rust se splinternuwe staproete op sy plaas wys wat jou na die uitkykpunt van bo Meiringspoort lei – iets só spesiaal het betreklik min mense nog gesien.

Ná dertig jaar in Amerika praat hy Engels met ‘n volmaakte Yankee aksent, maar waar het hy sy voete geplant?

De Rust.

Ons ou bakkie het in September 2011 ‘n groen bosluis die laaste bultjie na ons nuwe huisie in De Rust opgekruie. Die groen seiltjie ‘n beskermde hand om die eerste goedjies vir ons nuwe huis.

Inkommers . So het ons gehoor word ons genoem.

De Rust was lank ‘n vergete verbygaanplek. ‘n Petrol en pastei-plek vir jou reis na iewers. Maar hier was ons en die De Rusters het pas die Dorp van die Jaar gewen.

Baie klein dorpies bly stagnant, maar iewers in De Rust se menswees dinamika het iets begin smeul.

Dit is ‘n smeltpot van ou De Rusters en nuwe De Rusters. En in die smeulpot lewe en bou ons saam aan De Rust.

Draai volgende keer in enige dwarsstraat op en ry en kyk sommer net huise. (Ek belowe jy sal nie verdwaal nie). De Rust het die fraaiste Karoo huise, maar om hulle op te knap is ‘n wroegende liefdes taak. Aande lank moes ons luister na die geween en tand gekners van Roger Dotta oor bouers, verf, sement en koste van tornado gehalte wat na bowe spiraal. Maar sy nagmaalhuisie is ‘n lewende monument van stylvolle Karoo sjiek.

Uniek. So is die omgewing en so is die mense. Interessante mense.  Vriendelike mense. Mense met wie jy voor die kaggel kan sit en aan Oom Swepie le Roux se soetetjies teug wat jy by Domein Doornkraal se padstal kry.

Joel is ‘n vegeratiër met sy eko-vriendelike sementlose huis sonder Eskom en ‘n biogas tenk wat ver-ver-ver oor die Kammanasie berge uitk kyk.

By MooiKaroo sal jy dalk Freda Schoeman en Glendine Vorster raakloop - ‘n unieke oase vir koop gefrustreerde vroue wat iets mooi en spesiaal vanuit die Karoo soek. Die mans kan maar buite sit en koffie teug en kyk hoe die lewe stadig, maar seker in die Karoo voortspoed.

Daar is kunstenaars soos Bill Strapp, Diane McLean, Neels Coetzee en Volga White wat hul inspirasie uit die Karoo tap.

Baie van die mense het ons ontmoet by die Kaalgat Koedoe wat slegs Vrydae en Saterdae oop is en waar jy aan Henno se handgemaakte vuurherd pizzas kan smul. Dit is waar ons Lydia Elstadt ontmoet het en wat ons aan die wonderwêreld van kuns- en dokumentêre films bekend gestel het.

Die Koedoe is maar meestal die ‘Inkommers’ se kuierplek, maar dit is die ‘Ou’ locals waarop De Rust gebou is en dit is die jonger geslag van Bernard en Hannerie Delport waarop dit steeds bou.

Die egpaar het ‘n reuse hand in die beplanning van die Meiringspoort Halfmarathon wanneer 3 500 atlete die dorp instroom. Maar dan staan die De Rust-‘issers’ en ‘inkommers’ en Afrikaanses en Engelses almal saam om een van die beste padwedlope in die land as deel van die NG Kerk se jaarlikste kerkbasaar aan te bied

Dit is hierdie positiewe energie wat De Rust sy titel van Dorp van die Jaar laat wen het. Positiewe energie? Wil jy dit in lewende lywe sien? Gaan loer in daar waar die reuse hoenderhaan wagstaan by die Village Trading Post en beleef vir Niekie Eksteen.

Die lewe is ‘fantasties’ en sy besadigde vennoot, Soan Jacobs, moet die lysels altoos nie te slap laat lê nie anders word die Swartberge homselwers nou-nou see toe beweeg. Geniet iets by een van die top restaurante in die Klein Karoo.

Dalk… is daar iets aan De Rust se onderaardste strominge wat daar doer onder borrel en prut en as pure energie deurvloei na die ou klein gemeenskappie van ons.

Dr. Suzanne Delport reël jaarliks die De Rust Ekofees, Pieter Schoeman en Barry is betrokke by die De Rust veldwedloop, ons oefen vir die jaarlikse konsert, die Pioneer Trek storm hier verby en daar is ‘n mark. Baie goed word deur die NG Kerk beplan wat as enigste kerk ‘n moederhen vir alle gelowiges geword het en waar Dominee Hennie pa staan.

Dinge woel in De Rust, maar dan is dit altyd tyd om weer rustig te raak. As die son anderkant die Swartberge sak en die laaste strale verf die Kammanasie berge rooi, dan is daar ‘n sonderlinge kalmte in die strate van De Rust. Rustig. In De Rust.

 

Barry Meijer by die uitkykpunt saam met Chimoya

Barry Meijer

Mense sien altyd net De Rust, maar daar is van die pragtiste plaaspaadjies as jy 'n entjie gaan ry.

Die landskap om De Rust

Donkiekar

Veral in vakansietye kan jy op 'n donkiekar gaan ry. 'n Algemene vervoermiddel in De Rust.